Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Die Stony Point Pikkewynkolonie is geleë buite Bettiesbaai in Suid-Afrika.
Al is Bettiesbaai baie gewild onder toeriste, is Stony Point meer rustig, want nie baie vakansiegangers reis buite Bettiesbaai en al die pad uit na Stony Point toe nie. Dit is sowat 'n uur se ry van daar af.
Die area bied 'n landelike atmosfeer met plankpaaie wat gebou is oor die skiereiland en besoekers toelaat om die pikkewyne waar te neem.
Ongeveer 3,600 Afrika-pikkewyne woon by die ou walvisstasie in Stony Point en dit merk 'n bevolkingsontploffing van die enigste twee pikkewyne wat daar was in 1982.
In net vier jaar, het die enkele nes opgeskiet in 40 neste.
Die ontluikende pikkewyn-bevolking het geblyk om 'n uiterste ergernis te wees vir die plaaslike mense, want hulle is oorval deur pikkewyne in die verlede toe 'n heining gebreek het, soos in 2012.
Nadat die heining gebreek het, het die kolonie se bewoners uitgestroom uit hul aangewese gebied en die omliggende tuine, wat deur plaaslike grondeienaars besit word, opgekommandeer.
Die inwoners van die gebied is gewalgd deur die stank en die vere wat orals heen gewaai het.
Die pikkewyne is ook geneig om baie lawaaierig te wees en hou hul bure snags uit die slaap met hul donkie-agtige gebalk.
Sedertdien het amptenare 'n nuwe omheining gebou om die pikkewyne binne die kolonie te hou.
Bewaarders het ook sommige van die pikkewyne verskuif deur mensgemaakte pikkewynhuise en neste te gebruik.
Ten spyte van hul dramatiese tiename in getalle die afgelope paar jaar, word die pikkewyne by die Stony Point Pikkewynkolonie beskou as bedreigd.
Daarom gaan bewaringspogings daar voort.
Omtrent 1.4 miljoen Afrika-pikkewyne het gelewe in 1910, maar teen die einde van die 1900's, het net 10 persent van hulle oorgebly.

Comments

Hide