Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Desmond Tutu is 'n burgerregte-aktivis wat Kaapstad se eerste swart aartsbiskop geword het.
Hy was ook biskop van die Anglikaanse Kerk van Suid-Afrika.
In die tyd wat hy biskop was is dit genoem die Kerk van die Provinsie van Suidelike Afrika.
Tutu het bekendheid verwerf tydens die kruistog om apartheid te verwyder.
Na afloop van die 1976 Soweto Onluste, wat protes-aksies was teen die verpligte gebruik van Afrikaans as die onderrigtaal in swart skole, het hy begin om 'n ekonomiese boikot van Suid-Afrika te ondersteun.
Hoewel die onluste oorspronklik gefokus was op die gebruik van Afrikaans in swart skole, was hulle fundamenteel 'n opstand teen apartheid.
Die sanksies wat Tutu ondersteun het is uiteengesit deur die Verenigde Nasies Algemene Vergadering as 'n manier om internasionaal te protesteer teen die rassistiese bewind van Suid-Afrika.
Hy het ook vreedsame protes-aksies teen die regering ondersteun en optogte gelei deur die strate van Kaapstad waaraan tienduisende mense deelgeneem het.
Hy het reguit gepraat oor wat hy gedink het van die regering en apartheid ondubbelsinnig vergelyk met Nazi-Duitsland. Hy het sy posisie gebruik as biskop om ooreenkomste te kry van amper al die kerke om voort te gaan met sy kruistog teen apartheid deur lesings en geskrifte.
Hy het gesoek na versoening tussen beide kante van die stryd en gewerk as 'n bemiddelaar om albei kante weg te hou van 'n volskaalse oorlog teen mekaar.
Na apartheid se ondergang het Tutu die Waarheids- en Versoeningskommissie gelei.
Hy het uitgetree as aartsbiskop, maar die seldsame eretitel ontvang van Emeritus Aartsbiskop.
Hy gaan voort om te veg vir burgerregte, hou veldtogte teen HIV en VIGS, rassisme, armoede, seksisme, homofobie en ander sake.

Comments

Hide