Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Bitter Fruit is 'n boek wat geskryf is deur Achmat Dangor en gepubliseer in 2001.
Die storie speel af in 1998 en draai rondom 'n swart gesin se verbrokkeling na die ontknoping van apartheid.
Die hoofkarakter is Silas Ali, 'n prokureur gebaseer in Johannesburg wat die ouderdom van vyftig nader.
Hy het bekendheid verwerf terwyl Nelson Mandela president was, 'n skakelbeampte geword wat die aktiwiteite van die regering gekoördineer het met die bewegings van die Waarheid- en Versoeningskommissie.
Een oggend by 'n winkelsentrum, identifiseer Silas die man wat sy vrou Lydia twintig jaar gelede verkrag het, terwyl hy moes luister na haar gille van binne-in 'n polisie vangwa.
Die brutale daad was gepaardgaande met Silas se deelname aan die aktiwiteite van die African National Congress se militante vleuel.
Die paartjie het nooit enigiemand vertel van die wreedaardigheid nie en selfs ook nooit met mekaar daaroor gepraat nie.
Lydia het lankal vermoed dat haar verkragter haar seun se biologiese vader is, maar nooit enigiemand meegedeel van haar vermoedens nie, alhoewel sy in haar dagboek daaroor geskryf het.
As gevolg van die misdaad, het hul sekslose huwelik begin misluk oor die jare.
Hulle seun Michael raak ook vervreemd en die paartjie weet nie waar hy is of hoe hy sy tyd deurbring nie.
Te laat vind hulle uit dat hy gereeld ouer vroue verlei en 'n liefdesverhouding het met 'n man wat sy pa geken het terwyl hy saam met die militante vleuel van die African National Congress gewerk het.
Hy delf ook in die geskiedenis van sy pa se familie wat Moslem was, alhoewel sy pa nie was nie, aangesien hy 'n buite-egtelike kind was.
Uiteindelik gaan Michael op 'n skiet boemel.
Een van die mans wat hy doodskiet was die man wat sy ma verkrag het, aangesien hy op 'n sekere stadium haar dagboek gelees het.

Comments

Hide