Dialogue - Afrikaans

Hide

Vocabulary

Hide
kusstrook littoral
yskoue gelid
streeksklimaat clime
stertslaan lob-tail
deur die water breuk breach
baljaar frolic
oorloop brimming
skraal scanty
wettig licit
voortreflike superlative

Lesson Notes

Hide

Cultural Insights

Did You Know?


 

The town of Hermanus, South Africa is considered to be the world's best location for land-based whale watching and is perhaps the best-known whale watching location. The Southern Right whale is usually the star of the show in Hermanus, which is also a popular retirement place town. In addition to actually being able to see the whales in action, the town's Old Harbour Museum also has a number of exhibitions about the whaling industry. Also the Whale Museum actually has a whale skeleton on display and offers presentations about whales and dolphins twice per day.

Die dorp Hermanus, Suid-Afrika word beskou as die wêreld se beste plek vir land-gebaseerde walviskyk en is waarskynlik die bekendste plek vir walviskyk. Die Southern Right walvis is gewoonlik die ster van die vertoning in Hermanus, wat ook 'n gewilde afreedorp is. Bo en behalwe die geleentheid om die walvisse werklik in aksie te sien, het die dorp se Ou Hawe Museum ook 'n aantal uitstallings oor die walvisbedryf. Die Walvis Museum het ook 'n regte walvis-skelet op uitstalling en bied vertonings aan oor walvisse en dolfyne twee keer per dag.

 

Lesson Transcript

Hide
Suid-Afrika bied 'n voortreflike plek aan om te gaan kyk na walvisse, want dit sit reg by die ineenloping van die Atlantiese en Indiese Oseane.
Ten minste 37 verskillende soorte walvisse kan gesien word langs die Suid-Afrikaanse kusstrook.
Elke jaar migreer die Southern Right walvisse uit hul yskoue Antarktiese voedingsgronde na die warmer streek van die Suid-Afrikaanse kuslyn.
Gewoonlik bereik hulle Suid-Afrika iewers in Junie, wat dit die perfekte tyd maak om te gaan walvisse kyk, want die oseaan rondom die Kaap loop op daardie stadium oor met walvisse.
Na migrasie paar die walvisse, kalf en maak hul kleintjies groot, gewoonlik bly hulle aan in die Kaapgebied tot iewers in November.
Piek kalfseisoen is in Julie en Augustus, alhoewel enige tyd in Oktober 'n uitstekende ondervinding bied om walvisse te kyk aan die suidelike kus van die Kaap.
Die Southern Right walvisse gee gewoonlik skouspelagtige vertonings, speel, doen akrobatiese toertjies, maak mekaar die hof en soog hul kleintjies.
Gedurende walviskyk-seisoen is dit algemeen om te sien hoe walvisse stertslaan, opspring uit die water, baljaar en verkenning doen deur kop uit te steek.
Diegene wat graag die bultrug walvisse te siene wil kry staan 'n groter kans om dit reg te kry van Mei tot Desember verder noord op met die kus tussen Hermanus en St.
Lucia, terwyl die Bryde walvis gewoonlik gesien word rondom Suid-Afrika regdeur die jaar.
Orka walvisse (moordwalvisse) kan ook gesien word in die gebied, alhoewel die kans skraal is.
Die gewildste plekke in Suid-Afrika vir walviskyk sluit die gebied in rondom die skiereiland en in Valsbaai, Kaapstad, Wes-Kaap en Lambertsbaai.
Die nasie is die vyfste vinnigste groeiende bestemming vir walviskyk.
Boot-gebaseerde walviskyk se gewildheid groei vinnig nadat dit onlangs wettig geword het, alhoewel baie walvisse gesien kan word van die strand af.