Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Werkersdag word op 1 Mei gevier in Suid Afrika.
Dit is ʼn openbare vakansiedag, wat beteken dat baie plekke gesluit is, veral museums, omdat dit 'n dag af is vir werkers.
Die oorsprong van die vakansie gaan oor die historiese stryd van werkers, van negatiewe werksomstandighede tot billike indiensneming, die drukkende las op werkers en solidariteit onder besighede vir werknemers.
Die Suid Afrikaanse regering het Werkersdag offisieel ingestel in 1994 nadat Nelson Mandela aangestel was as die eerste swart president in die land se eerste demokratiese verkiesings. Almal kon stem, in vergelyking met vervalde wette wat baie streng was oor wie kon stem, veral oor ras.
Voor 1994 het vakbonde en werkers gepleit vir die instelling van Werkersdag, nie alleen om aandag te trek na die lot van werkers nie, maar ook om te protesteer teen die beleid van die regering.
Hulle het ook gepleit vir Suid Afrika se arbeidswette om die beleid van die Internasionale Arbeidsorganisasie, wat ʼn grondslag van beleide ontwerp het om eerlike, veilig werksomstandighede te verseker.
Een van die belangrikste oproepe van die beweging was vir ʼn agt uur werksdag, met agt uur vir rus en agt uur vir ontspanning.
Vandag is Suid Afrika ʼn lid van die Internasionale Arbeidsorganisasie.
Werkersdag is Suid Afrika se naam vir Internasionale Werkersdag wat ook op 1 Mei gevier word, soos oor die res van die wêreld.
Ander lande het soortgelyke vakansie dae naamlik ‘Labor Day’, wat moontlik ook op 1 Mei, saam met Werkersdag, gevier kan word.
Soms word Werkersdag ook verwys na as Mei Dag (May Day), die naam verwys na 'n heeltemal ander vakansie dag, met 'n ander stel van waarnemings, insluitende sang, dans en koek.

Comments

Hide