Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Menseregtedag in Suid Afrika word elke jaar gehou op 21 Maart.
Die vakansie herdenk die Sharpeville slagting wat op 21 Maart 1960 plaasgevind het.
Ongeveer 5 000 tot 7 000 swart Suid Afrikaners het opgedaag by Sharpeville polisiestasie na 'n dag vol opstande teen die Pas Wette wat swartes onder blanke bewind geplaas het.
Die polisie het op die betogers begin skiet, 69 is doodgeskiet en nog 180 beseer.
Daar is teenstrydige verhale oor hoe die skare opgetree het gedurende die dodelike skietery.
Sommige mense sê die groep was ongewapend en vreedsaam, terwyl ander gesê het dat die mense kwaadaardig was en klippe gegooi het na die polisie toe, en dat die polisiemanne toe begin skiet het nadat die groep voorentoe beweeg het na die heining wat die polisiestasie omring het.
21 Maart was verklaar as Menseregtedag na die inhuldiging van die voormalige Suid Afrikaanse President Nelson Mandela in 1994.
Die vakansie vestig aandag op die dodelike Sharpeville Slagting, terwyl dit die Suid Afrikaanse grondwet en die uitbreiding van gelyke regte vier.
Die grondwet sluit ʼn Handves van Menseregte in en gee alle Suid Afrikaners die reg om met waardigheid behandel te word.
Op Menseregtedag vind verskeie aktiwiteite plaas in Kaapstad, insluitend die Kaapstad Fees wat gratis konserte en vertonings aanbied.
Die fees bevorder verdraagsaamheid en begrip vir mekaar, terwyl dit die diverse bevolkinge van Suid Afrika bemagtig.
Ander gebeure op Menseregtedag sluit Menseregtedag Swem in, wat 'n koue water oseaan wedstryd in die Kaap is en die Ubuntu Fees in Maynardville Park.
Daar is oor die algemeen baie ander aktiwiteite wat ook op hierdie vakansiedag gebeur, maar dit verskil van jaar tot jaar.

Comments

Hide