Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Grense; Die Epos van Suid-Afrika se Skepping en die Tragedie van die Xhosa Mense (The Epic of South Africa's Creation and the Tragedy of the Xhosa People) is 'n geskiedenisboek wat geskryf is deur Noel Mostert.
Die skrywer se bedoeling daarmee was vir die breë publiek eerder as vir akademici en as sulks, is dit bedoel om die gemiddelde leser se aandag te verdiep.
Mostert is geprys vir sy boek, want hy het vlot geskryf in alledaagse taal en selfs al het hy nie geleerdes geteiken met die boek nie, het hy nie afgeskeep met die navorsing nie en hy was baie deeglik met die besonderhede.
Die skrywer is gebore in Suid-Afrika, maar het die land verlaat op die ouderdom van sewentien en vier dekades spandeer buite die land as joernalis.
Hy het teruggekeer na sy geboorteland om navorsing te doen vir Frontiers, maar hy het nie gebly om permanent daar te woon nie.
Hierdie kroniek van die Xhosa-stam is hoogs simpatiek met hul verknorsing en blyk om hul lewenstyl te idealiseer.
Mostert beeld sendelinge uit as die voorhoede van Europese kolonialisme.
Soos setlaars in die Afrika-kontinent inbeweeg het, het die Xhosas begin om geleidelik hul grond te verloor.
Hulle is geheel en al verslaan teen 1856, het 'n groot gedeelte van hul voorvaderlike grond verloor en hulle het gely onder verdere uitdunning van hul beeste, as gevolg van 'n beeslongsiekte wat gekom het uit Europa.
Later het 'n profetes, onder die invloed van haar oom, wat beïnvloed is deur Christen godsdiens, die Xhosa's oorreed dat ten einde gered te word, hulle meer moes offer en het die sterftes vereis van al hul beeste en die vernietiging van hul graanstore.
n Hongersnood het daarna uitgebreek, tienduisende lewens uitgeroei en die Xhosa-gemeenskap verpletter.
Europese setlaars het toe al die Xhosa-leiers gejag en hulle gedeporteer na Robbeneiland, hul grond opgeëis vir hulself in die proses en dit was die laaste spyker in die doodskis van die Xhosa-stam.

Comments

Hide