Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Die Kangogrotte is geleë in die Klein Karoo sowat 30 kilometer buite Outshoorn, Suid-Afrika in die voetheuwels van die Swartberge in die Westelike Kaapprovinsie.
Hulle is een van die wêreld se mees beroemde en gewilde grotte vir toeriste, waarvan baie kom van buite die land om hulle te sien.
Die Kangogrotte strek uit vir ongeveer vier kilometer, alhoewel slegs omtrent 'n kwart van die tonnels oop is vir spelonk-ondersoekers.
Gidse hou toesig oor toere deur die gedeeltes wat oop is vir toeriste.
Die Kangogrotte is Afrika se enigste grotte wat besoekers toelaat om te kies tussen Standaard of maklike toere of Avontuurtoere, wat 'n groter uitdaging is en meer veeleisend.
Die Avontuurtoer sluit klouter deur nou gangetjies in en opskarrel teen rotsformasies in donker beligting binne die grotte.
Die Kangogrotte sluit betowerende formasies in van kalksteen in baie verskillende kleure.
Hulle is gevorm deur bewegings van die Aarde se kors en soos reënwater gemeng het met suurvormende koolstofdioksied wat gedrup het deur 'n fraktuur in die kors.
Sommige sou sê die die grotte is die wêreld se mooiste grotte met stalaktiete daarin.
Alhoewel die grotte ontdek is in 1780, het die eerste verkenning en uitgrawings nie begin vir jare later nie.
Die eerste opmeting is uitgevoer in 1897 en het die eerste ses-en-twintig kamers van die grotstelsel gedek.
Toe in 1930, het argeoloog Prof. A.J.H. Goodwin die grotte uitgegrawe en klip artefakte en ander items ontdek wat daarop gedui het dat mense in die verste kamers van die grotte gewoon het vir baie geslagte tussen die middel- en later Steentydperke.

Comments

Hide