Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Ernie Els is 'n professionele gholfspeler van Suid-Afrika met agt-en-sestig oorwinnings agter sy naam.
Sy bynaam is "The Big Easy" as gevolg van sy uiters lang gestalte van ses voet, drie duim en sy vloeiende gholfswaai.
Els is een van nét ses gholfspelers om twee oorwinnings in te palm by die Amerikaanse Ope en die Ope Kampioenskap.
Bo en behalwe daardie vier oorwinnings, het hy eenmaal die echelon gehad van die Wêreld se Nommer Een en hy was aan die bopunt van die 2003 en 2004 European Tour Order of Merit (Europese Toer Orde van Verdienste).
Hy hou ook die wêreldrekord vir oorwinnings by die World Match Play Championship (Wêreld Wedstrydspel Kampioenskap) met sewe.
Els het begin gholf speel op die ouderdom van agt en teen die tyd dat hy veertien was, was hy 'n volkome speler met 'n puik voorgee.
Toe in 1984, het hy die aandag aangegryp van gholf-aanhangers en aansien gekry deur die Junior Wêreldbeker Kampioenskap vir Seuns ouderdomme dertien tot veertien groep te wen; uitgekom net voor Phil Mickelson, wat tweede geëindig het in dieselfde kategorie.
Daarna het hy die Suid-Afrikaanse Amateur Kampioenskap gewen toe hy sewentien was, om die geleentheid se jongste wenner ooit te word.
Hy het professioneel begin speel in 1989. Dieselfde jaar waarin hy die Suid-Afrikaanse Amateur Houespel Kampioenskap gewen het.
Die eerste professionele toernooi wat hy gewen het was die Suider-Afrika Toer, wat hy gewen het in 1991.
Vandag staan die toer bekend as die Sonskyntoer.
Die meeste van Els se tydgenote verkies om die kampioenskappe waarin hulle speel te beperk volgens geografie, maar Els het 'n neiging getoon vir speel in geleenthede in alle dele van die wêreld.
Hy speel gereeld in geleenthede wat goedgekeur is deur die Europese Toer in Australasië, Suid-Afrika en Asië.
Dit het 'n bietjie bitterheid veroorsaak tussen hom en die PGA Toer, wat sou verkies het dat hy meer tyd spandeer aan Amerikaanse toernooie.

Comments

Hide