Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Suid Afrika vier Erfenisdag op 24 September.
Die dag vier die diversiteit van kulturele tradisies en oortuigings.
Suid Afrika is baie eklekties in terme van kulture en geloofstelsels en Erfenisdag bied die nasie se mense ʼn manier om bewus te word van ander kulture binne die grense van hul nasie.
In 1994 het die destydse President Nelson Mandela alle mense in die land aangemoedig om op Erfenisdag vrolik saam te braai om hulle tradisies te vier.
Suid Afrika het ʼn uitgebreide geskiedenis van verdeeldheid, so 'n dag wanneer die aandag gefokus is op omhelsing van die verskille in plaas van verset teen die verskille is veral belangrik.
Erfenisdag is ook ʼn viering van die vele bydrae van al die mense wat vandag in Suid Afrika woon.
Erfenisdag word gevier deur 'n verskeidenheid van gebeure en aktiwiteite oor die hele nasie.
Byvoorbeeld, in Houtbaai vier die inwoners dit met 'n weermag leër wat optrek en 'n heruitvoering van 'n stryd wat daar geveg was.
Daar is ook baie ander openbare aktiwiteite om Erfenisdag te vier.
In 2015 was daar ʼn media veldtog wat probeer het om Erfenisdag as Nasionale Braaidag voor te stel omwille van die fokus op saam braai.
Voor 1995, was 24 September bekend as Shaka Dag ter herdenking van Shaka, die Koning van die Zulus.
Shaka het gehelp om die uiteenlopende Zulu stamme saam te bring in ʼn enkele nasie.
Die Zulu mense kom elke jaar saam by Shaka se graf om hulde te bring aan hom op hierdie datum.

Comments

Hide