Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Jeugdag word op 16 Junie gevier in Suid Afrika, om berou op te toon oor die land se burgers vir die gewelddadige Soweto Onluste en hulle te herinner hoe belangrik die jeug is, want hulle is die toekoms.
Omdat Jeugdag ʼn openbare vakansiedag is, is dit gewoonlik ʼn dag af van werk vir meeste werkers.
In sommige jare word Jeugdag 'n hele maand gevier, met aktiwiteite beplan deur die Departement van Kuns en Kultuur.
Op 16 Junie 1976 het hoërskool studente ʼn protes gelei teen die Bantoe Onderwys Wet, wat goedkeuring gegee het aan die apartheidsbeleid wat leierskap aan die blankes toegestaan het.
Op hierdie dag het die polisie, in ʼn brutale slagting, honderde studente vermoor wat aanstoot geneem het teen die wet.
In die weke na die oproer is nog baie meer jongmense vermoor omdat die amptenare onversetlik gebly het.
Die Bantoe Onderwys Wet het gesê dat Afrikaans op dieselfde voet as Engels geleer moes word in swart skole in Suid Afrika, wat die fokus verskuif het na taal, eerder as kritiese denke.
Terwyl hierdie fokus op taal probleme veroorsaak het omdat dit vrye denke moeiliker gemaak het, was dit nie noodwendig die fokus van die twis tussen wetgewers en studente nie.
Die protes was meestal oor die verdelende aard van die wet, wat afsonderlike skole vir swart en wit studente geskep het.
Die skole vir swart studente was gekenmerk deur swak toestande en algemene ongelykheid.
Selfs universiteite sou geskei wees per stam.
Op die dag wat Jeugdag nou gevier word het tussen 3 000 en 10 000 studente betoog van hul skole in die rigting van Orlando Stadium.
Die studente wou vreedsaam betoog, maar die polisie het die pad wat hulle op was versper.
Hulle het afgedraai om ʼn ander roete te neem omdat die leier van die protes die deelnemers aangemoedig het om die polisie nie uit te lok nie.
Ongeveer 1 500 polisiebeamptes, gewapen met outomatiese wapens, het op die toneel van die protes ontplooi, sommige sê dat hulle arbitrêr losgebrand het op die studente, terwyl ander sê dat die protes gewelddadig geword het en dat die studente klippe begin gooi het.
Maak nie saak hoe nie, hulle het ʼn dodelike hardnekkige houding gehad deur hulle nie toe te laat om deur te gaan nie, selfs al was hulle vreedsaam.

Comments

Hide