Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

The Bay Harbour" Mark in Houtbaai is 'n geheime handwerkmark genestel in 'n uitgestrekte dal omring deur berge in die dorpie Houtbaai, wat geleë is tussen die berge en die oseaan.
Dit is ongeveer 20 minute weg van die middelpunt van Kaapstad.
Houtbaai se ekonomie hou amper geheel en al verband met die hawe, alhoewel die handwerkmark ook 'n belangrike rol speel en toeriste en besoekers trek van heinde en verre.
Die handwerkmark by Houtbaai funksioneer al vir meer as tien jaar en bied 'n magdom items wat handgemaak is deur handwerkkunstenaars en sluit in alles van metaalwerk tot mandjies, tierlantyntjies, draadwerk, leerwerk, gebreide items, handgemaakte sepies, pottebakkery, naaldwerk, handpoppe, skulpware, soeelgoed en 'n oorvloed van ander soorte items.
Die missie van die "Bay Harbour" Mark is om 'n plek te verskaf vir vaardige kunstenaars om hul ware te smous en uit te ruil onder mekaar en vir klante om ware Suid-Afrikaanse gemeenskapslewe te ervaar.
Die mark skep ook 'n platform vir handwerkkunstenaars om volhoubare besighede vir hulself te skep en op te bou deur hul behendigheid vir hul besondere vernuf.
Houtbaai is self 'n gewilde toeriste-bestemming wat baie kleur bied regdeur die dorp en die "Bay Harbour" mark pas goed in by die sonderlingheid van die dorp.
Bo en behalwe die geleentheid om Suid-Afrikaanse sedes te ondervind, kan toeriste ook die pragtige natuurskoon geniet in en om Houtbaai, van die wêreldberoemde Chapman's Peak Rylaan tot Duiker-eiland en aangrensende Tafelberg Nasionale Park.

Comments

Hide