Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Die Wes-Kaapse dorp Oudtshoorn in Suid-Afrika word dikwels na verwys as die "volstruishoofstad van die wêreld," en as sulks, is daar verskeie volstruis skouplase wat daar geleë is.
Oudtshoorn het inderdaad die grootste bevolkingstal volstruise in die wêreld.
Die dorp is al in die volstruisbedryf sedert 1864.
Grensbewoners het in die gebied begin inbeweeg gedurende twee tydperke van oplewing in die volstruisveerbedryf.
Die eerste het plaasgevind tussen 1865 en 1870 en die tweede was van 1900 tot 1914.
Vandag het Oudtshoorn 'n bevolking van sowat 60,000 mense, wat dit die Klein-Karoogebied se grootste dorp maak.
Een van die grootste en bekendste volstruis skouplase in Oudtshoorn is die Highgate Volstruis Skouplaas, wat geleë is net suid van die dorp.
Highgate se beroep is voortplanting van volstruise en besoekers leer oor hoe die groot voëls ontwikkel en het 'n geleentheid om aan 'n paar volstruise te raak en hulle te streel, hulle te voer en op hulle te ry en dan natuurlik om volstruisresies te kyk.
Highgate se personeellede demonstreer ook 'n wye verskeidenheid handwerk wat gemaak kan word met volstruisvere, leer en eiers.
Die plaas bestaan reeds vir langer as 'n eeu.
Die Safari Skouplaas is nog 'n volstruisplaas geleë naby Oudtshoorn en spesialiseer ook in volstruisteelt en bewaring.
Safari het begin om toere aan te bied en gasheer te wees vir toeriste in 1956 en bied ander soorte aktiwiteite aan as Highgate.
Byvoorbeeld, Safari bied ook trekkertoere aan op die plaas.
Besoekers kan ook een van die plaas se broeiplekke besoek sodat hulle werklik kan sien hoe 'n paar volstruiseiers uitbroei.

Comments

Hide