Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Krokodille is een van daardie besienswaardighede wat alomteenwoordig is in Suid-Afrika en glo dit of nie, een van die gewildste aktiwiteite daar is om te kajak saam met hulle.
Om te kajak in water wat wemel van dreigende roofdiere soos krokodille is besonder gevaarlik, soos gedemonstreer deur die ontelbare stories van kajakvaarders wat aangeval en gedood is deur hulle.
Alhoewel, ten spyte van die onsekerheid van die aktiwiteit, staan sensasiesoekers wat soek vir hul volgende waaghalsigheid steeds in lyn om dit te doen.
Gidse wat kajakvaarders daagliks uitneem om te roei tussen die krokodille, waarsku hulle dat een van die gevaarlikste dele van die rit is die tewaterlating van die kajakke.
Krokodille val dikwels kajakvaarders aan wanneer hulle in vlak water is, want hulle weet dat mense—'n bron van voedsel vir hulle—gereeld daar is.
Die gidse vertel kajakvaarders om nie eens één toon in die water te sit nie, as gevolg van die gevaar.
Een van die gewildste plekke in Suid-Afrika vir kajakvaarders om uit te gaan tussen die krokodille is die St.Lucia riviermonding.
Dit is ongeveer drie voet diep, maar die water is baie donker daar, wat dit alreeds 'n baie ontstellende ervaring maak. Selfs nog meer omdat dit moeilik is om die krokodille te sien waarvan die kajakvaarders deeglik bewus is.
St.Lucia is 'n klein nedersetting in Suid-Afrika se KwaZulu-Natal provinsie en dien meestal as basis vir die Groter St.Lucia Vleilandpark.
Ongeveer 1,200 Nyl-krokodille bly in die vleilandgebied.
Die Nyl-krokodil is die tweede grootste reptiel wat steeds bestaan en 'n uiters aggressiewe tipe krokodil. Dit maak dat kajakvaart saam met meer as 'n duisend van hulle die adrenalien laat pomp deur jou are as gevolg van die gevaar.

Comments

Hide