Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Johannesburg is Suid-Afrika se grootste stad en die hoofstad van Gauteng provinsie.
Dit is ook een van die wêreld se 50 grootste stedelike agglomerasies en die grootste stad in die wêreld wat nie geleë is op water van watter aard ook al nie (oseaan, meer of rivier).
Baie beskou Johannesburg as die ekonomiese setel van Afrika, aangesien dit een van Afrika se mees gegoede, modieuse en moderne stede is.
Die stadsbeeld is gevul met sommige van die hoogste geboue op die vasteland, insluitende die Carltonsentrum, Hillbrow-toring, die Sentech-toring, Ponte woonstelle en Diagonaalstraat 11.
Meeste van die geboue in die stad is redelik nuut, want die ouer geboue is afgebreek om plek te maak vir meer moderne strukture.
Johannesburg is ook noemenswaardig omdat sommige van die wêreld se grootste internasionale maatskappye en konglomerasies teenwoordig is hier, insluitende IBM, BHP Billiton, Standardbank en (Eerste) Nasionale Bank.
Behalwe vir al die hoë geboue, het Johannesburg ook 'n paar parke wat verstommend is met 'n oorweldigende aantal bome.
Om die waarheid te sê, die stad word beskou as een van die wêreld se groenste stede, want dit het ongeveer 6 miljoen bome. Dit sluit die 1.2 miljoen bome in wat geplant is langs sypaadjies en geplaveide areas en nog 4.8 miljoen wat te vinde is in privaattuine.
Soos met die meeste groot stede is daar 'n wye versameling van mense wat daar bly, met 'n paar gebiede wat luukse wonings bied in die voorstede. Ander het weer plakkers en krotdorpe, terwyl daar 'n paar is met iets van alles tussenin.
Die grootte van die plakkerbevolking in Johannesburg is aansienlik, aangesien baie migrante geskuif het vanaf die landelike gebiede rondom na die stad om te kom soek vir werk.

Comments

Hide