Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Die Kaapse Wynland-distrik is geleë in die suidweste van Suid-Afrika en word deur baie beskou as die volk se kulinêre hoofstad.
Dit is in die Wynlande waar enige uitmuntende Kaapse wyne geproduseer word van die uitgestrekte velde met wingerdstokke, waarvan baie alreeds bestaan vir 'n paar eeue.
In die Wynlande sal jy tipiese Kaaps-Hollandse plaasopstalle kry, ingesluit deur berge.
Onder die talle wynlandgoedere is daar 'n hele paar wat toeriste geniet om te besoek, byvoorbeeld Delheim, Delaire, Neethlingshof, Saxenburg, Spier, en Welmoed.
Robertson moet ook op die lysie wees, want dit is die grootste besproeide wynproduserende streek in die hele Suid-Afrika.
Die area se wyne is veral noemenswaardig onder die vele verskillende wyne wat kom uit die Wynland.
Robertson is ook waar sommige van Suid-Afrika se voorste renperd dekhingste grootgemaak en opgelei word.
Maar wyn is nie die enigste ding wat jy sal kry in die Wynland nie.
Wellington is 'n gesogte plek, nie nét vir sy wynlandgoedere nie, maar ook vir droëvrugte, leerfabrieke en olyfproe.
Steeds in Wellington, bied die Bainskloofpas 'n paar uitsigte wat wonderlik is aan diegene wat 'n bietjie wil gaan rondry.
In Franschhoek is daar ook baie ongewone antieke winkels en galerye bo en behalwe die talle voortreflike restaurante wat daar te kry is.
Nog 'n opvallende verskynsel in die Wynlande is Paarlberg, met sy ryk kultuur en historiese sjarme, bo en behalwe ongelooflike argitektuur en een van die wêreld se grootste soliede rotse.
Paarlberg is ook die tuiste van heelwat ontsagwekkende natuurtonele en is 'n uitstekende plek vir gesondheidsbewuste toeriste wat dit geniet om voet te slaan of fiets te ry.

Comments

Hide