Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Kaapstad is Suid-Afrika se derde mees digbevolkte stedelike gebied en die gewildste bestemming vir internasionale toeriste in die hele Afrika.
Reisigers geniet die stad se klimaat en natuurlike skoonheid. Hulle vind dit ook maklik om al die besienswaardighede te besigtig, want die infrastruktuur is goed ontwikkel.
Kaapstad het ook vele toeriste-aantreklikhede.
Tafelberg is een van die gewildste toeriste-bestemmings in Kaapstad.
Dit is toeganklik deur die Stadskom te deurkruis en dan bereikbaar deur die agterkant van die amfiteater-vormige geologiese verskynsel.
Jy kan teen die berg opgaan deur voet te slaan of met die Tafelberg Kabelspoor.
Ander gewilde besienswaardighede sluit Kaappunt, 'n voorgebergte op die suidoostelike hoek van die Kaapse Skiereiland en Chapman's Peak Rylaan in. Dis 'n smal pad wat Houtbaai en Noordhoek verbind en bied 'n fenomenale panoramiese uitsig van die berge en die Atlantiese Oseaan.
Seinheuwel is ook gewild by stappers wat Tafelberg of die Stadskom van naderby wil sien.
Kaapstad se strande is ook gewilde plekke om te besoek, vir beide toeriste en die plaaslike inwoners.
Die stad se weergalose posisionering maak dit prakties moontlik om verskeie strande te sien op één dag, elk met sy unieke atmosfeer en omgewing.
Wat dit ook merkwaardig maak is dat die temperatuur van die water opmerklik verskil aan teenoorgestelde kante van die stad. Partymaal is daar meer as vyf grade verskil.
Kaapstad is ook die tuiste van verskeie opvallende kulturele aantreklikhede soos die Victoria en Alfred Waterfront (V&A Waterfront), 'n inkopie-brandpunt geleë op die dokke van Kaapstad Hawe. Die Twee Oseane Akwarium en die Nelson Mandela-poort is ook hier te vinde.

Comments

Hide