Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

In Suid Afrika word Welwillendheidsdag op 26 Desember gevier, die dag na Kersfees.
Dit is dieselfde vakansiedag wat in ander dele van die wêreld bekendstaan as Boxing Day.
Hoewel die vieringe en betekenis van die vakansie dieselfde bly as Boxing Day, dit herdoop is na Welwillendheidsdag in 1994 sodat wetgewers Suid Afrika kon bevry van sy koloniale verlede.
Welwillendheidsdag is basies ʼn uitbreiding van Kersfees.
Baie Suid Afrikaners gebruik die dag om te herstel van die partytjies wat hulle Kersdag gevier het.
Hulle spandeer gewoonlik die dag met vriende en familielede, meestal op die strand met ʼn lekker braai.
Sommige mense doen ook goeie dade vir ander en neem deel in ʼn oorvloed van somer aktiwiteite in hulle dorp.
Die term "Boxing Day" is verwarrend omdat die presiese oorsprong ietwat geheimsinnig is.
Vandag sien sommige mense in dele van die wêreld dit as die dag wat hulle al die geskenke wat hulle met Kersfees ontvang het wegpak, maar as ons die term in 'n ouderwetse manier bekyk was Boxing Day die dag waarop rykere klasse Kersfees bokse as dankie geskenke aan hulle dienaars, die armes en arbeiders soos skoenmakers en grofsmede uitgereik het.
As ons nog verder terug in die tyd gaan stel sommige voor dat Boxing Day ʼn verwysing is na die bokse wat in kerke gevind was gedurende die Middeleeue waar mense donasies kon los vir die armes.
Die laaste twee verduidelikings vir die oorsprong van Boxing Day verduidelik waarom die Suid Afrikaanse regering die vakansie dag se naam verander het na Welwillendheidsdag.

Comments

Hide