Dialogue

Vocabulary

Learn New Words FAST with this Lesson’s Vocab Review List

Get this lesson’s key vocab, their translations and pronunciations. Sign up for your Free Lifetime Account Now and get 7 Days of Premium Access including this feature.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Notes

Unlock In-Depth Explanations & Exclusive Takeaways with Printable Lesson Notes

Unlock Lesson Notes and Transcripts for every single lesson. Sign Up for a Free Lifetime Account and Get 7 Days of Premium Access.

Or sign up using Facebook
Already a Member?

Lesson Transcript

Thabo Mbeki het gedien as Suid-Afrika se tweede president na die einde van apartheid, na Nelson Mandela se termyn.
Hy is geprys vir sy pogings om die land se ekonomie te ontwikkel, aangesien dit gegroei het teen 'n gemiddelde groeikoers van 4.5 persent per jaar in die nege jaar wat hy in die amp was.
Hy het gehelp om werk te skep in die ekonomie se middelsektore en die Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE) program geïmplementeer.
Gedurende sy tyd in die amp, het die groeiende swart middelklas die probleem vererger van 'n tekort aan opgeleide professionele mense, maar sy beleide het min gedoen om die ongeskoolde laerklas te help, wat bestaan het uit die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking.
Opgeleide professionele mense het vinnig geëmigreer uit Suid-Afrika as gevolg van die hoë syfer van misdaadgeweld.
Op die kontinentale platform het Mbeki die meeste van Afrika se Direkte Buitelandse Belegging verseker en Suid-Afrika getransformeer in die vasteland se hooffokus van groei.
Hy het ook opgetree as bemiddelaar in sommige delikate kwessies op die Afrika-vasteland en bygestaan in die vorming van vredesooreenkomste daar.
Wêreldwyd, het hy gewerk daaraan om ekonomiese verhoudings te bou met Brasilië, China, Indië en Rusland deur die vorming van die Indië-Brasilië-Suid-Afrika Dialoogforum, wat gemik was op "verdere politieke konsultasie en samewerking sowel as die versterking van sektorale samewerking en ekonomiese verhoudinge."
Mbeki se termyn as president het geëindig in verdeeldheid in 2008 toe hy bedank het na 'n herroeping deur die African National Congress se Nasionale Uitvoerende Komitee.
Regter C.R. Nicholson het beslis dat hy onbehoorlik ingemeng het in die pogings van die Nasionale Vervolgingsgesag in die korrupsie-verhoor van Jacob Zuma.
Alhoewel die hoogste hof van Appèl eenparig gestem het om die uitspraak ongedaan te maak, het Mbeki se bedanking bly staan.

Comments

Hide